Ek is ‘n trotse inwoner van Doringbome. Die interieur is ultra modern en is heerlik huisig. Die spyskaart is gebalanseerd en ons etes is fantasties! Hier is ‘n televisie en vermaaklikheidskamer. Ons kamers is pragtig toegerus met ‘n spieël, wasbak en ‘n stelbare bed wat baie gerieflik is.
Oupa Hennie het soveel verbeter in hierdie tyd. Die liefde, genade en die moeite wat Doringbome se personeel vir hom doen kan ek nie beskryf nie. Ons is baie dankbaar en glad nie spyt dat ons hom hierheen gebring het nie. Ons kan net uit ons harte vir elkeen dankie sê, Doringbome is regtig die beste!